Gaan na inhoud

Gamma Arae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gamma Arae
Die ligging van Gamma Arae (in die rooi sirkel).
Die ligging van Gamma Arae (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Altaar
Bayer-naam γ Arae
Spektraaltipe B1 Ib[1]
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h 25m 23.65931s[2]
Deklinasie -56° 22′ 39.8148″[2]
Skynmagnitude (m) 3,34[3]
Absolute magnitude (M) -5,8[4]
B-V-kleurindeks  -0,13[3]
U-B-kleurindeks  -0,96[3]
Besonderhede
Massa (M) 12,5[5]–25[4]
Radius (R) 23[6]
Ligsterkte (L) 120 000[4]
Ouderdom (jaar) 15,7 miljoen[5]
Temperatuur (K) 21 500[7]
Ander name
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Gamma Arae (γ Arae, afgekort as Gamma Ara of γ Ara) is ’n ster in die suidelike sterrebeeld Altaar (Ara). Met ’n gemiddelde skynbare magnitude van 3,3[3] is dit die vierde helderste ster in die sterrebeeld en is dit maklik met die blote oog sigbaar. Dit is sowat 1 110 ligjare van die Son af.

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Dit is ’n enorme ster met ’n radius van 23 keer dié van die Son.[6] Dit straal 120 000 keer soveel energie as die Son uit,[4] met ’n oppervlaktemperatuur van 21 500 K.[7] Dié hitte gee Gamma Arae die kenmerkende blouwit skynsel van ’n B-tipe ster. Dit het ’n sterreklassifikasie van B1 Ib[1] – die helderheidsklas "Ib" dui aan dit is ’n superreus met ’n laer ligsterkte.[8] Gamma Arae is redelik jonk, met ’n geraamde ouderdom van sowat 15,7 miljoen jaar.[5]

Die ster roteer vinnig, teen ’n snelheid van 269 km s-1, wat beteken dit voltooi ’n volle rotasie elke 4,8 dae.[9] Dit veroorsaak absorpsielyne in sy spektrum wat saamvloei vanweë die Doppler-effek, wat hulle moeilik maak om te ontleed.[4] Dit is ’n periodies veranderlike ster wat nieradiale pulsasies ondergaan met ’n primêre periode van 1,1811 dae en ’n sekondêre periode van 0,1281 dae.[7]

Sterrekundiges stem nie heeltemal saam oor die massa van die ster nie. Tetzlaff et al. (2011) raam dit op 12,5 ± 0,6[5] sonmassas, terwyl Fraser et al. (2010) meen dit is sowat 19 sonmassas[7] en Lefever et al. (2007) dit aangee as 25.[4] Die ster verloor massa weens ’n sterwind teen ’n tempo van 3 × 10-8 sonmassas per jaar – dit is gelyk aan die verlies van ’n massa van die Son elke 33 miljoen jaar.[7] Die wind word beïnvloed deur die ster se vinnige rotasie, wat ’n toename in verlies met die ewenaar langs tot gevolg het.[6]

Gamma Arae het ’n optiese metgesel-ster, ’n A-tipe hoofreeksster met ’n skynbare magnitude van 10,5, teen ’n hoekafstand van 17,9 boogsekondes.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Prinja, R. K.; Massa, D. L. (October 2010), "Signature of wide-spread clumping in B supergiant winds", Astronomy and Astrophysics 521: L55, doi:10.1051/0004-6361/201015252, Bibcode2010A&A...521L..55P 
  2. 2,0 2,1 van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode2007A&A...474..653V 
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Nicolet, B. (1978). "Photoelectric photometric Catalogue of homogeneous measurements in the UBV System". Astronomy and Astrophysics Supplement Series. 34: 1–49. Bibcode:1978A&AS...34....1N.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 Lefever, K.; Puls, J.; Aerts, C. (March 2007), "Statistical properties of a sample of periodically variable B-type supergiants. Evidence for opacity-driven gravity-mode oscillations", Astronomy and Astrophysics 463 (3): 1093–1109, doi:10.1051/0004-6361:20066038, Bibcode2007A&A...463.1093L 
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 Tetzlaff, N.; Neuhäuser, R.; Hohle, M. M. (January 2011), "A catalogue of young runaway Hipparcos stars within 3 kpc from the Sun", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 410 (1): 190–200, doi:10.1111/j.1365-2966.2010.17434.x, Bibcode2011MNRAS.410..190T 
  6. 6,0 6,1 6,2 Prinja, R. K. et al. (February 1997), "Wind variability of B supergiants. II. The two-component stellar wind of γ Arae", Astronomy and Astrophysics 318: 157–170, Bibcode1997A&A...318..157P 
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 7,4 Fraser, M.; Dufton, P. L.; Hunter, I.; Ryans, R. S. I. (May 2010), "Atmospheric parameters and rotational velocities for a sample of Galactic B-type supergiants", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 404 (3): 1306–1320, doi:10.1111/j.1365-2966.2010.16392.x, Bibcode2010MNRAS.404.1306F 
  8. "The Colour of Stars", Australia Telescope, Outreach and Education (Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation), December 21, 2004, archived from the original on 2012-03-10, https://www.webcitation.org/6630AbtJZ?url=http://outreach.atnf.csiro.au/education/senior/astrophysics/photometry_colour.html, besoek op 2012-01-16 
  9. Prinja, R. K.; Massa, D.; Fullerton, A. W. (June 2002), "Wind variability of B supergiants. IV. A survey of IUE time-series data of 11 B0 to B3 stars", Astronomy and Astrophysics 388: 587–608, doi:10.1051/0004-6361:20020503, Bibcode2002A&A...388..587P 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: Sky map 17h 25m 23.65931s, −56° 22′ 39.8148″