Gaan na inhoud

Berilliumchloried

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Berilliumchloried
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule BeCl2
Molêre massa 79,92 [g/mol][1]
CAS-nommer 7787-47-5[1]  
Voorkoms Wit to gelerig vastestof [1]  
Reuk Skerp
Fasegedrag  
Fase β-BeCl2: T<405 °C 
Selkonstantes 1061,4(6)pm; c=1804(2)pm; Z=32[2]  
Ruimtegroep I41/acd 
Nommer 142  
Fase α-BeCl2: T>405 °C 
Selkonstantes a=528,5pm; b=980,7pm; c=522,7pm[1]  
Ruimtegroep Ibam 
Nommer 72  
Strukturbericht C42
Smeltpunt 416 °C[1]
Kookpunt 520 °C[1]
Digtheid 1,90 [g/cm3] [1]
Oplosbaarheid oplosbaar; stel hitte vry; 715 g/L[1] 
ΔfusHɵ 8,66 [kJ/mol]; (α-fase)

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Berilliumchloried is 'n verbinding van berillium en chloor met die formule BeCl2.

Dit is 'n higroskopiese stof wat vervloei. Dit is baie oplosbaar en die oplossings is sterk suur. Dit is 'n hoogs giftige stof wat na absorpsie in verskillende weefsels ophoop.[1]

Kristalstrukture[wysig | wysig bron]

Die hoëtemperatuurvorm α-BeCl2 kistalliseer in die ortorombiese SiS2-struktuur. (C42 in die strukturbericht-klassifikasie). Dit het 'n veselrige polimere struktuur wat uit BeCl4-tetraëders bestaan. Dit is die vorm wat ontstaan indien die stof deur sublimasie gevorm word en die eerste wat ondersoek is. Dit is egter by kamertemperatuur metastabiel. Die stabiele laetemperatuurvorm het 'n tetragonale struktuur wat uit Be4Cl10-tetramere molekules bestaan, wat se struktuur op die struktuur van die molekule van fosforpentoksied gelyk. β-BeCl2 het die Mg(NH2)2-tipe struktuur. Die oorgang β → α vind by 'n temperatuur van 405 °C plaas met ∆tH = 2,9 [kJ/mol] en ∆tS= 9,21 [J/Kmol] [2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 "Beryllium chloride". pubChem NIH.
  2. 2,0 2,1 Spundflasche, E., Fink, H. and Seifert, H.J. (1995). "Zur Thermochemie und Struktur von Berylliumchlorid". Z. anorg. allg. Chem. 621: 1723-1726. doi:10.1002/zaac.19956211018.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)