Gaan na inhoud

Wikipedia:Voorbladartikel week 28 2024

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kenteken van die Omaanse nasionale krieketspan

Die Omaanse nasionale krieketspan (Arabies: منتخب سلطنة عمان للكريكت) is die nasionale krieketspan wat Oman in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur Oman Krieket (OC, van Engels: Oman Cricket) wat in 1979 gestig is. Hulle het in 2000 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en in 2014 ’n assosiaatlid geword. Die nasionale span het wedstryde op T20I-vlak gespeel. Op 24 April 2019 het Oman vir die eerste keer tot in 2022 EDI-status ontvang, nadat hulle die gasheer Namibië met vier paaltjies tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling twee 2019 kon klop.

Oman het tydens die AKR-trofee 2002 sy eerste internasionale wedstryde gespeel, en die span het aan baie AKR-toernooie deelgeneem, tydens die AKR-trofee 2004 as naaswenner geëindig en twee keer die AKR T20I-beker gewen. Oman het aan krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooie deelgeneem sonder om vir die uiteindelike toernooi te kwalifiseer, die negende plek tydens die IKR-trofee 2005 behaal en elfde tydens die 2009-wêreldbekerkwalifisering geëindig. In Julie 2015 het Oman met sy oorwinning oor Namibië tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2005 T20I-status behaal en vir die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië gekwalifiseer, hul eerste deelname aan ’n vername internasionale toernooi.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Oman ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Oman is tans (Junie 2024) 18de op die eendagranglys en 19de op die Twintig20-wêreldranglys.

...lees verder