Gaan na inhoud

Tintenpalast

Koördinate: 22°33′59″S 17°5′21″O / 22.56639°S 17.08917°O / -22.56639; 17.08917
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Tintenpalast in Windhoek
Die Tintenpalast met die parlementstuin op die voorgrond

Die Tintenpalast in Windhoek is die setel van die Nasionale Vergadering of parlement van Namibië. Die Nasionale Raad van Namibië het in 2002 'n nuwe administratiewe blok oos van die historiese gebou betrek.[1]

Bougeskiedenis[wysig | wysig bron]

Die gebou, wat in Windhoek-Sentraal aan die bokant van Robert Mugabe-laan geleë is, is deur die argitek Gottlieb Redecker as administratiewe setel vir die owerheid in Duits-Suidwes-Afrika ontwerp en in 1912–1913 deur die boumaatskappy Sander & Kock uit plaaslike materiaal gebou. Dit is op 1 November 1913 amptelik ingewy.

Die Tintenpalast word as 'n tipiese voorbeeld van Duitse koloniale boukuns beskou. Die gebou het sy spottende Duitse bynaam (letterlik "inkpaleis") verwerf vanweë die beweerde hoë inkverbruik van die amptenare wat aldaar gesetel was. Die paleis word deur 'n uitgestrekte tuin - die sogenaamde "Parlementstuin" - omring wat by die plaaslike bevolking as ontspanplek gewild geraak het.

Tuin[wysig | wysig bron]

Die boubedrywighede vir die tuin, wat volgens planne van George Kerby en Karl Zirkler ontstaan het, het in 1931 begin. In 1934 is olyfbome aangeplant wat intussen verwyder is. Vandag is die tuin 'n groen long te midde van Namibië se besige hoofstad.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  • Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Tintenpalast

Bronliteratuur

22°33′59″S 17°5′21″O / 22.56639°S 17.08917°O / -22.56639; 17.08917