Gaan na inhoud

RISE Mzansi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Logo

RISE Mzansi (RISE) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in April 2023 gestig is. Dit word gelei deur Songezi Zibi, 'n voormalige koerantredakteur en medestigter van die Rivonia Circle-dinktenk. Die party se ekonomiese beleid is sosiaal-demokraties.

Stigting[wysig | wysig bron]

RISE Mzansi is op 23 April 2023 by Konstitusieheuwel in Johannesburg bekend gestel. Voormalige mederedakteur van die Financial Mail en voormalige redakteur van Business Day sowel as die medestigter van die Rivonia Circle-dinktenk, Songezo Zibi, is as partyleier aangewys.[1] Die party se nasionale leierskap bestaan uit die voormalige openbare verteenwoordiger van die Demokratiese Alliansie Makashule Gana en die anti-apartheidsaktivis Ishmael Mkhabela.[2][3] In Augustus 2023 het parlementslid Nomsa Tarabella Marchesi uit die Demokratiese Alliansie bedank en by RISE Mzansi aangesluit as die party se Vrystaatse sameroeper.[4]

Die party het aan die algemene verkiesing van 2024 deelgeneem met Zibi as die party se presidentskandidaat.[5] Die party het in 2024 0,42% van die nasionale stemme in die verkiesing gekry[6] en twee setels in die Nasionale Vergadering.

Verkiesingsresultate[wysig | wysig bron]

Nasionale verkiesings[wysig | wysig bron]

Verkiesing Stemme % Setels
2024 67 975 0,42 2

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Former editor Songezo Zibi launches Rise Mzansi". BusinessLIVE (in Engels). Besoek op 31 Augustus 2023.
  2. "'Return democracy to the people': Rise Mzansi leaders say SA ripe for change". News24 (in Engels (VSA)). Besoek op 31 Augustus 2023.
  3. Goba, Thabiso. "Former news editor Songezo Zibi launches political party, Rise Mzansi". ewn.co.za (in Engels). Besoek op 31 Augustus 2023.
  4. "DA's Nomsa Marchesi joins Rise Mzansi". HeraldLIVE (in Engels). Besoek op 31 Augustus 2023.
  5. "'The people must govern': Songezo Zibi launches Rise Mzansi". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 31 Augustus 2023.
  6. Shiko, Cliff (1 Junie 2024). "Bosa disappointed by results, but satisfied with electoral process". Jacaranda FM. Besoek op 2 Junie 2024.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.