Gaan na inhoud

QV71

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
QV71
Die grafkelder van Bintanat
Bintanat voor 'n god, en haar dogter voor die godin Nephtys, in QV71.
Bintanat voor 'n god, en haar dogter voor die godin Nephtys, in QV71.
Ligging Vallei van die Koninginne
Land Vlag van Egipte Egipte
Uitgrawings deur Ernesto Schiaparelli
Uitleg 'n Kort gang, 'n saal en 'n binnekamer.
← Vorige
QV70
Volgende →
QV72

QV71 is die grafkelder van Bintanat, die dogter en groot vrou van farao Ramses II, in Egipte se Vallei van die Koninginne.

Die grafkelder is uitgegrawe deur Ernesto Schiaparelli, direkteur van die Egiptiese Museum in Turyn, en is vroeër ook kortliks deur Lepsius beskryf.[1]

Uitleg en versierings[wysig | wysig bron]

Die hoofsaal van die grafkelder bevat baie tonele met gode. Bintanat verskyn voor Ptah-Seker, Anoebis met die kop van 'n ram en Hathor met die kop van 'n koei. Die prinses-koningin word deur Hathor na die god Sjoe gelei, en in 'n ander toneel deur Anoebis na Osiris en Hathor.[2]

Ander tonele wys haar ná haar dood waar sy offerandes aan Chepri en Anoebis bring, en 'n offerande van 'n foto van Maät aan Ptah. In nog 'n toneel word sy deur Thoth gelei om voor Ra en Isis te verskyn.[2]

In die binnekamer word gewys hoe Bintanat vir Noen en Serket bewonder. Op 'n ander plek bewonder sy Anoebis.[2]

Die sarkofaag en deksel is gevind. Die sarkofaag word nou in die Kaïromuseum gehou (JdE 47370).[2] Dit lyk of dit later deur 'n man opgeëis is vanweë die inskripsies daarop.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Denkmaeler aus Aegypten und Aethiopien nach den Zeichnungen der von Seiner Majestät dem Koenige von Preussen, Friedrich Wilhelm IV., nach diesen Ländern gesendeten, und in den Jahren 1842–1845 ausgeführten wissenschaftlichen Expedition auf Befehl Seiner Majestät. 13 vols. Berlin: Nicolaische Buchhandlung.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Porter, Bertha and Moss, Rosalind, Topographical Bibliography of Ancient Egyptian Hieroglyphic Texts, Statues, Reliefs and Paintings Volume I: The Theban Necropolis, Part 2. Royal Tombs and Smaller Cemeteries, Griffith Institute. 1964, pp. 766–767
  3. Kitchen, K.A., Ramesside Inscriptions, Translated & Annotated, Translations, Volume II, Blackwell Publishers, 1996

Skakels[wysig | wysig bron]