Gaan na inhoud

Priemfaktor

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'n Priemfaktor van 'n natuurlike getal is 'n deler van die getal wat ook 'n priemgetal is.

Die priemfaktore van 'n natuurlike getal n is 'n versameling faktore wat elkeen 'n priemgetal is en waarvan die produk gelyk aan n is. Een faktorisering van die getal 10 is die versameling {2,5}: hierdie getalle is priemfaktore want beide 2 en 5 is priemgetalle en 2×5=10. {3,5,11} is 'n faktorisering van 165, want 3, 5, en 11 is priemgetalle en 3×5×11=165.

Die Hoofstelling van die Rekenkunde lui dat alle positiewe heelgetalle 'n unieke priemfaktorisering het.