Gaan na inhoud

Nebettawi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nebettawi
Groot koningsvrou
Dame van die Twee Lande
Meesteres van Bo- en Benede-Egipte
Nebettawi voor die god Re-Horachti, soos uitgebeeld in haar grafkelder.
Nebettawi voor die god Re-Horachti, soos uitgebeeld in haar grafkelder.
Begrawe QV60, Vallei van die Koninginne, Thebe
Gade Ramses II
Dinastie 19de Dinastie van Egipte
Vader Ramses II
Moeder Nefertari?

Nebettawi was 'n Egiptiese prinses en koningin, die oudste dogter en een van die agt vroue van farao Ramses II.

Lewe[wysig | wysig bron]

Nebettawi kon die dogter van Ramses se vrou Nefertari gewees het,[1][2] maar dit is glad nie seker nie. Sy word in die grootste van die tempels by Aboe Simbel gewys. Op een van die reusestandbeelde voor die tempel word Nebettawi in die drag van 'n koningin uitgebeeld. Bintanat (ook in die drag van 'n koningin) staan by die linkerbeen van die standbeeld, Nebettawi by die regterbeen en prinses Isetnofret II voor die beeld.[3]

nb
t
N17
N17
B1
Nebettawi
in hiërogliewe

Nebettawi is die vyfde dogter in die ry koninklike dogters, soos dit in die Groot Tempel uitgebeeld is. Sy is agter Bintanat, Bakmoet, Nefertari en Meritamen.[1] Sy word nie in die kleiner tempel by Aboe Simbel gewys nie.[4]

Naas Bintanat en Meritamen was sy die eerste van Ramses II se dogters wat met haar pa getrou het (moontlik ná Meritamen se dood). Nebettawi was die Groot Koninigsvrou toe Ramses in Jaar 33 'n diplomatieke verbintenis met Maäthorneferoere, dogter van die Hetitiese koning Hattusilis III, aangeknoop het. Nebettawi en haar halfsuster Bintanat het die rituele rol van koningin van Egipte vertolk.[3] Haar titel was "Dame van die Twee Lande".[5]

Dood en grafkelder[wysig | wysig bron]

Nebettawi is in grafkelder QV60 in die Vallei van die Koninginne begrawe.[1] Die kelder is in die oudheid al beroof en is later as 'n Christelike kapel gebruik.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 Dodson, Aidan and Hilton, Dyan. The Complete Royal Families of Ancient Egypt. Thames & Hudson. 2004. ISBN 0-500-05128-3
  2. Tyldesley, Joyce. Chronicle of the Queens of Egypt. Thames & Hudson. 2006. ISBN 0-500-05145-3
  3. 3,0 3,1 3,2 Tyldesley, Joyce. Ramesses: Egypt's Greatest Pharaoh. Penguin. 2001. ISBN 0-14-028097-9
  4. Kitchen, K.A., Ramesside Inscriptions, Translated & Annotated, Translations, Volume II, Blackwell Publishers, 1996
  5. Grajetzki, Ancient Egyptian Queens: A Hieroglyphic Dictionary, Golden House Publications, London, 2005, ISBN 978-0-9547218-9-3

Skakels[wysig | wysig bron]