Gaan na inhoud

Erfenishulpbron

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'n Erfenishulpbron is 'n plek, 'n voorwerp of 'n onaantasbare erfenis van kulturele belang vir huidige en toekomstige geslagte. Erfenishulpbronne in Suid-Afrika word bestuur en beskerm in gevolge van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999).

Wetgewing in Suid-Afrika[wysig | wysig bron]

Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) is 'n statutêre organisasie wat gestig is onder die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999) as die nasionale administratiewe liggaam wat verantwoordelik is vir die bewaring van Suid-Afrika se kulturele erfenishulpbronne. [1]

Bewaringskategorieë volgens die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne[wysig | wysig bron]

  • Nasionale erfenisterreine en Provinsiale erfenisterreine
  • Beskermde gebiede
  • Voorwaardelike beskerming
  • Erfenisregisters
  • Erfenisgebiede
  • Erfenisvoorwerpe
  • Strukture ouer as 60 jaar
  • Begraafplase en grafte
  • Fossiele (paleontologie)
  • Rotskuns
  • Argeologie
  • Beheer op die uitvoer van erfenisvoorwerpe
  • Ontasbare erfenis
  • Historiese skeepswrakke en kulturele erfgoed onder water [2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]