Gaan na inhoud

Barklypas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Barklypas
Ligging van Barklypas op 'n kaart (Oos-Kaap)
Barklypas
Barklypas
Koördinate: 31°14′09″S 27°50′31″O / 31.2357°S 27.8419°O / -31.2357; 27.8419
Ligging Tussen Elliot en Barkly-Oos
Maksimumhelling 1:12
Hoogte 2 018 m
Oppervlak Teer
In Drakensberge
Pad R58

Barklypas[1] is 'n bergpas in die Oos-Kaap. Dit is op die R58-teerpad tussen Elliot en Barkly-Oos in die Drakensberge geleë. Die pas bereik sy hoogste punt bo seevlak op 2 018 m. Dit het 'n maksimum helling van 1:12.

Die pas begin enkele kilometer wes vanaf Elliot op 'n hoogte van 1473 m bo seevlak. Dit styg geleidelik met skerp draaie teen 'n helling van 1:22 oor 'n afstand van 12 km. Die verskil tussen die voet en die kruin is 626 m.[2]

Die pas word gereeld in die winter gesluit weens swaar sneeuneerslae, en die pas moet in die algemeen versigtig deur motoriste aangedurf word.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]