Die Rasjidoen-kalifaat tydens die heerskap van Omar.
Omar ibn al-Khattab of Aboe Hafsa ibn al-Chattib (Arabies: عمر بن الخطاب; omstreeks 586-590 tot 7 November 644), ook bekend as Omar die Grote en Al-Farooq, was die tweede en magtigste van die vier "reggeleide" kaliefs van Islam en een van die invloedrykste Moslem-leiers.[1] Hy was ’n metgesel van Mohammed en het Aboe Bakr in 634 as kalief opgevolg. Hy was ’n uitstekende wetgeleerde en dit het hom die titel Al-Farooq ("die een wat onderskei tussen reg en verkeerd") besorg en sy huis die naam Darul Adal ("huis van geregtigheid").
↑Ahmed, Nazeer, Islam in Global History: From the Death of Prophet Muhammad to the First World War, Amerikaanse Instituut van Islamitiese Geskiedenis en Kultuur, 2001, bl. 34. ISBN 0-7388-5963-X.